Biografie
Jakkie Louw (gebore 20 Mei 1979 te Oudtshoorn) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Hy het aan Hoërskool D.F. Malan gematrikuleer en het na skool B.Com Algemeen aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer Hy is bekend vir treffers soos “Drie Pikkewyne”, “Bamboesbos”, “Gemaak in SA”, “Voshaarnooi” en die “Hoendersong”.
Op sy album Gemaak in SA het hy ‘n groot treffer gehad met “Een miljoen woorde”. Hy tree ook saam met Kevin Leo onder die verhoognaam Jakkals en Leo op. Reeds op hoërskool het hy saam met Viljoen Retief, Christiaan Wood en Colin Johnson die musiekgroep Stone Analysis gestig. Hy het as musikant begin op Stellenbosch en het later na Pretoria verhuis. In daardie jare het hy treffers soos “Rambo die polisiehond” en “‘n Bottel Tas” gesing. Louw is die outeur van die boek Liedjieskrywer 101, waarin hy mense leer hoe om liedjies te skryf en met ritme en rym te werk. Hy het die boek aan sy pa, Nico Louw, opgedra.[1][2] In 2018 stel Jakkie sy kinderstorie boek bekend, Felias en Pokkel.
Enkelsnitte
- ‘n Bottel tas (1998)
- Rambo die polisiehond (1998)
- Party in die Wes-Transvaal (1998)
- Voshaarnooi (2000)
- Klein Karoo Cowboy (2000)
- Drie Pikkewyne (2006)
- Sak Sarel Pa wil ‘n bok skiet (2006)
- Reën in die Kaap (2006)
- Ysterperd (2006)
- Sannie Kriel van Sunnyside (2006)
- Die hoendersong (2008)
- Bamboesbos (2008)
- Een miljoen woorde (2010)
- Gemaak in SA (2010)
- Nommer een (2012)
- Standvastige man (2014)
- Rooi Willie (2017)
- Koekieloekie (2019)
Albums
- Yesterday vandag and Tomorrow (1998)
- Klein Karoo Cowboy (2000)
- Alles in een glas (2006)
- Drie Pikkewyne (2007)
- Drie Pikkewyne Live (dvd) (2009)
- Marietjie se hoender (2009)
- Jakkals en Leo (2010)
- Gemaak in SA (2012)
- Nommer een (2014)
- Sing Sinatra (2015)
- Spesiale aand met Jakkie Louw (dvd) (2015)
- Oukersaand (2015)
- Die standvastige man (2016)
- Party in SA (2018)
- 20 jaar live (dvd) (2018)
Filmografie
- Liefling, 2010
- Susanna van Biljon, 2011
- Pretville, 2012
- Die spook van Uniondale, 2014
- Lagmense, 2015
- Lollos 6 (Gomgompie)
Toekennings
- Geraas-musiektoekenning:(beste nuweling) (2006)
- Huisgenoot Tempo-toekenning: Beste album omslag (alles in een glas) (2006)
- Sama-benoeming: beste pop album (drie Pikkewyne (2007)
- Sama-benoeming: beste Manlike Sanger (2009)
- Huisgenoot Tempo-benoeming: beste video (een miljoen woorde) (2012)
- Aitsa-toekennings: Benoeming beste temalied vir televisiereeks Toks en Tjops (2019)
Bibliografie
- Liedjieskrywer 101
- Bakkie Louw se Jak en brou
- Die toiletgenoot
- Die musikant se handboek
- Felias en Pokkel
Bespreek Jakkie Louw NOU !
Events in September 2024
MonMonday | TueTuesday | WedWednesday | ThuThursday | FriFriday | SatSaturday | SunSunday |
---|---|---|---|---|---|---|
August 26, 2024
|
August 27, 2024
|
August 28, 2024
|
August 29, 2024
|
August 30, 2024
|
August 31, 2024
|
September 1, 2024
|
September 2, 2024
|
September 3, 2024
|
September 4, 2024
|
September 5, 2024
|
September 6, 2024
|
September 7, 2024
|
September 8, 2024
|
September 9, 2024
|
September 10, 2024
|
September 11, 2024
|
September 12, 2024
|
September 13, 2024
|
September 14, 2024
|
September 15, 2024
|
September 16, 2024
|
September 17, 2024
|
September 18, 2024
|
September 19, 2024
|
September 20, 2024
|
September 21, 2024
|
September 22, 2024
|
September 23, 2024
|
September 24, 2024
|
September 25, 2024
|
September 26, 2024
|
September 27, 2024
|
September 28, 2024
|
September 29, 2024
|
September 30, 2024
|
October 1, 2024
|
October 2, 2024
|
October 3, 2024
|
October 4, 2024
|
October 5, 2024
|
October 6, 2024
|
Website and Social Media Proudly Managed by EP Digital SA